Uitdrukking:
Dit reën katte en honde
Betekenis:
Daar val swaar reën
Waar kom dit vandaan?
In die Noorse kultuur het mense vroeër geglo dat die gedrag van katte en honde die weer voorspel het en dat hulle simbole van wind en reën was.
As ʼn kat met sy rug na die vuur toe sit, kom ʼn storm aan. As hy sy gesig was, kom dit reën. As die kat ook met ʼn krulstert spring, kon mens maar jou reënmeter uithang.
Dieselfde psigiese talente is ook aan honde toegeskryf, en as dit dus katte en honde reën, was dit die ergste wat die diere kon voorspel. Die stormagtige noordwestewind in die Harzberge het lank die bynaam die kat se neus gehad. In ander weergawes is die hond, net soos die wolf, die simbool van die wind.
In Engeland het honde op lae vensterbanke gespring sodra dit begin hard reën. Katte het op hoë vensterbanke gespring. Sodra dit behoorlik sous het hulle een vir een afgegly. Vandaar die uitdrukking “it rain cats an dogs”
Dat diere weer kan voorspel is seker nie nonsens nie.