Uitdrukking: Dit reën katte en honde

katte en hondeUitdrukking:
Dit reën katte en honde

Betekenis:
Dit reën vreeslik hard

Waar kom dit vandaan?
Nederlands het gehad dit reën ou wywe met klompe, maar aangesien klompe onbekend in Suid-Afrika was, het die uitdrukking in onbruik geraak. Een van die gissings oor die herkoms rakende katte en honde is dat tydens swaar reënstorms dooie katte en honde in die strate afgespoel kom – en dat dit dan as maatstaf gebruik kan word om swaar weer te beskryf.

In die Noorse kultuur het mense vroeër geglo dat die gedrag van katte en honde die weer voorspel het en dat hulle simbole van wind en reën was. As ‘n kat met sy rug na die vuur toe sit, kom ‘n storm aan. As hy sy gesig was, kom dit reën. As die kat ook met ‘n krulstert spring, kon mens maar jou reënmeter uithang.

Dieselfde psigiese talente is ook aan honde toegeskryf, en as dit dus katte en honde reën was dit die ergste wat die diere kon voorspel.

Die stormagtige noordwestewind in die Harzberge het lank die bynaam die kat se neus gehad. In ander weergawes is die hond, net soos die wolf, die simbool van die wind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hardus ·

Ek het ook al ‘n verklaring gehoor dat dit verwys na die dae toe diere in die huis se solder geleef het. Tydens swaar weer het van die diere dus letterlik op die huismense se koppe neergeval met die skud van die huis/solder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.