Uitdrukking:
Dit sit nie in sy broek nie.
Betekenis:
Nie opgewasse wees nie/ Nie in staat om iets te doen nie.
Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking is vroeër gebruik vir iemand wat baie klein van postuur was, dus letterlik lig was in die sin van te min geweeg het.
Baie dankie Maroela. Nou weet ek. Ai dis die wonder van ons taal.
Na die verskyning van my boek ‘Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom’ (2de uitgawe 2009) het ek die volgende ontdek: Die broek is die leerbande agterom ‘n perd wat bv ‘n wa trek se boude sodat hy kan rem sonder dat die wa in hom vashardloop met erge gevolge. As die perd lig in die broek is, gaan hy nie daarin slaag om die wa agter hom betyds te laat stop nie. Hieruit het die verwante uitdrukking ‘dit sit nie in iemand se broek nie’ ontstaan – hy gaan dus nie slaag nie.
Soos Seg. Die uitdrukking kom van hom af.