Uitdrukking:
donkiejare laas
Betekenis:
Baie lank gelede
Waar kom dit vandaan?
Hierdie donkiejare is ‘n vertaling van ‘n flater wat reeds in die Engelse weergawe sit. Die uitdrukking lyk nou onlogies, aangesien die jare van ‘n donkie nie noodwendig so lank is as wat ‘n mens sou dink nie.
In Engels is dit beslis donkey’s years, maar dit was oorspronklik as long as donkey’s ears, dus so lank as die ore van die donkie.
Dit het reeds daar verbrou geraak tot donkey’s years en ons het blindelings in Afrikaans vertaal.
Erkenning aan die volgende bronne vir meeste van ons Taaltoffies
Ons is gedril om altyd te skryf DIE meeste of is dit nie meer goeie Afrikaans nie.