Uitdrukking: Eerste kom, eerste maal

Argieffoto

Uitdrukking:
Eerste kom, eerste maal

Betekenis:
Wie voor die ander kom, word eerste gehelp

Waar kom dit vandaan?

Die gewone verklaring is dat die koring wat eerste by die meule aankom, eerste gemaal word.

Maar die Nederlandse maal/male is ʼn baie ou woord wat vroeër gebruik is as benaming vir die plek waar landsake bespreek is, en die werkwoord malen verkry daardeur die betekenis “regspraak lewer”. Dit is dus ook moontlik dat die uitdrukking oorspronklik wou sê dat die persoon wat eerste by die hof is, die eerste kans sal kry om sy saak te stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae