Uitdrukking:
Eksieperfeksie
Betekenis:
Iets volmaak reg doen
Waar kom dit vandaan?
In Holland is die uitdrukking iets in de hekse/hekste perfectie bekend. Dit is moontlik ‘n verwarring van in de perfectie maar met die ou towerformule ekse-perfekse.
Die towerwoorde was okus, bocus, exce, perfexe (vergelyk ook Engels hocus, pocus). Ook in Duitsland was daar experfex, die woorde van ‘n towenaar terwyl hy sy toertjies doen. Miskien is daar in die stamtaal oorspronklik gesê iets doen met ‘n ekseperfekse.
So ware woorde.