Uitdrukking: Elkeen weet die beste waar die skoen hom druk

Argieffoto (Foto: AlexLoban, Pixabay)

Uitdrukking:
Elkeen weet die beste waar die skoen hom druk.

Betekenis:
Elkeen ken sy eie moeilikhede of omstandighede die beste.

Waar kom dit vandaan?
Plutarchus, die Grieks-Romeinse skrywer (46 tot ongeveer 119 n.C.), vertel dat toe ʼn Romeinse edelman deur sy vriende berispe is omdat hy van sy mooi, kuis en ryk vrou geskei het, hy sy voet vorentoe gesteek en gesê het: “Hierdie skoen lyk vir julle nuut en smaakvol, maar ek alleen weet waar dit my druk.”   

Bron: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.