Uitdrukking: Geen kind of kraai hê nie

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Geen kind of kraai hê nie

Betekenis:
Niemand hê om voor te sorg nie

Waar kom dit vandaan?
Dié uitdrukking het ‘n baie interessante maar wrede herkoms. In Middelnederlands was die uitdrukking kind no craet, en die craet was die gekraai van die haan.

Die kraai in die Afrikaanse idioom het dus niks te make met die voël wat so kan kras nie.

Vroeër eeue is mense voor die hof gesleep as hulle nie hulle skuld kon betaal nie, en dan in die tronk gestop totdat hulle dit kon doen. Dit was natuurlik ‘n wrede kringloop, want in die tronk kon jy geen geld verdien om jou krediteure te betaal nie. In die hof sou die aangeklaagde dus vurig smeek om nie gekerker te word nie.

As hy nie kind gehad het nie, het dit beteken dat daar niemand was, nie eens ‘n familielid, om namens hom te praat en hom sodoende van sy lot te red nie.

As jy nie hanekraai het nie, beteken dit logieserwys dat jy nie eens ‘n haan het nie, en die haan was ‘n simbool van besittings: selfs die armste mense het darem altyd ‘n haan gehad.

As jy dus no craet gehad het, het die hof geweet dat jy nie ‘n duit of dubbeltjie het om te betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsabe ·

Sjoe..
Ek het ‘n kind, maar nie ‘n ‘craet’ nie. Hoop nie ek word gekerker nie. Ek sorg darem dat ek my skuld betaal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.