Uitdrukking:
Gekonfyt wees in iets
Betekenis:
Iets deeglik ken
Waar kom dit vandaan?
In Nederlands het dit ‘n ongunstige betekenis, waarskynlik omdat dit uit ‘n werk van die Franse skrywer Mérimée kom (Chronique du temps de Charles IX) waarin hy die koning beskryf as ‘n vrolike vent wat in slegte streke deeglik gekonfyt is.
Die woord konfyt gaan terug op die Frans confire, “om in te lê”, en dus by uitbreiding om deurtrek te wees van iets, soos ingelegde vrugte.