Uitdrukking: Geraamte in die kas hê

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
‘n Geraamte in die kas hê

Betekenis:
‘n Onaangename familiegeheim hê

Waar kom dit vandaan?
Baie gesinne het ‘n figuurlike geraamte in die kas, dit wil sê ‘n familiegeheim of ander onaangename gebeurtenis wat hulle nie aan vreemdelinge wil meedeel nie.

Een verklaring vir die herkoms van dié uitdrukking is die volgende: Eeue gelede het ‘n ryk man sy werknemers opdrag gegee om ‘n persoon te soek wat geen sorge in die wêreld het nie. Nadat die mense die wêreld deurreis het, het iemand hulle vertel van ‘n ouerige dame wat skynbaar geen moeilikheid in haar lewe gehad het nie.

Tydens die onderhoud met haar was hulle al meer verbaas – dit het werklik gelyk asof sy geen sorg op aarde het nie.

Die laaste vraag was: “Is daar enigiets wat jou hinder, wat jy graag nie sou wou doen nie as jy kon?” Sy het hulle na ‘n kas in haar slaapkamer geneem waarin ‘n geraamte was: “Ek hou my sorge maar dig in hierdie kas. Dié geraaamte is dié van my eerste liefde. My man het hom in ‘n tweegeveg gedood. En elke aand dwing hy my om die geraamte te soen.”

Die verskynsel dat dié verhaal skynbaar net in Engels voorkom, laat ‘n mens dink dat dit dalk die regte herkoms van die uitdrukking kan wees.

Ook die uitbreiding daarvan is essensieel Engels: One must not allude to the skeleton in the cupboard.

Die Franse vertaling daarvoor bevat ‘n grimmiger beeld: ‘n Mens praat nie van tou in die huis van ‘n gehangde nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsabe ·

Lekker lag ek nou…
At least het sy haar geliefde naby haar gehad en kon hom elke dag soen. Mwah!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.