Maroela Media fokus vandeesweek saam met ‘n paar ander organisasies op goeie nuus. Taaltoffie fokus op ‘n paar uitdrukkings waarin die woord “goed” voorkom.
Uitdrukking: Goed af wees
Betekenis: Welgesteld wees
Uitdrukking: Goed van iets afkom
Betekenis: Voordeel trek uit ‘n saak
Uitdrukking: Alte goed is buurmansgek
Betekenis: As ‘n mens te goedhartig is, word jy deur ander misbruik
Uitdrukking: Jouself te goed te doen
Betekenis: Eetgoed uitermate geniet
Waar kom dit vandaan? Goed beteken hier “nus, voordeel”, sodat die uitdrukking eintlik beteken “iets doen tot jou eie nut, voordeel”
Uitdrukking: So goed soos goud
Betekenis: Uitstekend
Uitdrukking: As ek dit goed het
Betekenis: As ek reg onthou
Uitdrukking: Ten goede kom
Betekenis: Tot voordeel strek
Uitdrukking: Goed met kwaad vergeld/Die goeie met die kwade vergeld
Betekenis: Iemand wat jou goed gedoen het, kwaad doen
Uitdrukking: Ten goede of ten kwade
Betekenis: Goed of sleg
Uitdrukking: Die goeie met die slegte neem
Betekenis: Goed en kwaad aanvaar