Uitdrukking:
Groot lawaai, weinig wol
Betekenis:
Gesê as iemand ʼn groot ophef maak oor ʼn nietigheid
Waar kom dit vandaan?
Die oorspronklike Nederlandse uitdrukking is: Veel geschreeuw en weinig wol, zei de duivel, en hij schoor zijn varken. Hieruit het ontwikkel groot lawaai, weinig wol. Daar is ook in die Nederlandse spreektaal ʼn “logiese” uitdrukking: Veel gespin, weinig wol. Die uitdrukking is ook in Engels bekend, waar dit toegeskryf word aan die antieke misteriespel Dawid en Abigail. Daarin is die Bybelse Nabal besig om sy skape te skeer terwyl die duiwel, as ʼn spottende nabootsing, die varke begin skeer.