Uitdrukking: Hare op jou tande hê

Argieffoto (Foto: Christina Cook)

Uitdrukking:
Hare op jou tande hê

Betekenis:
Baie deursettingsvermoë/durf hê

Waar kom dit vandaan?
Die Switsers was die eerste bekende huursoldate en hulle sou by enige leër aansluit as die besoldiging reg was. In teenstelling met hulle neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers, was hulle kranige krygers wat gevrees is vanweë hulle onverskrokkenheid. Om hierdie beeld verder te bevorder, het hulle woeste snorre gekweek wat hulle lippe en ook tande grotendeels verberg het. Dit het die vyand laat besluit dat iemand wat hare op sy tande het, nie vir die duiwel sou stuit nie.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Scholtz ·

Die woeste snorre herinner aan die woord “vertonerig”. Die woeste snorre moes as uiterlike vertoon van onverskrokkenheid dien. Wees onverskrokke sonder om vertonerig te wees. Party mense is al as onverskrokke beskou omdat hulle te bang was om weg te hardloop.

Hans ·

In Afrikaans was daar deur die dekades baie nuutskeppings. Baie word minder dikwels gehoor. Sommige was spesifiek tot ‘n bepaalde era, bv piskriek in die 1970’s.
Piskriek was daardie 50cc motorfietse wat hoërskool seuns en dogters gery het, wat jou teen die mure kon uitdryf met geluid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.