Uitdrukking:
Hare op jou tande hê
Betekenis:
Baie deursettingsvermoë/durf hê
Waar kom dit vandaan?
Die Switsers was die eerste bekende huursoldate en hulle sou by enige leër aansluit as die besoldiging reg was. In teenstelling met hulle neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers, was hulle kranige krygers wat gevrees is vanweë hulle onverskrokkenheid.
Om hierdie beeld verder te bevorder, het hulle woeste snorre gekweek wat hulle lippe en ook tande grotendeels verberg het. Dit het die vyand laat besluit dat iemand wat “hare op sy tande het” nie vir die duiwel sou stuit nie.
Josh Strauss?