Uitdrukking: holderstebolder iets doen

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
holderstebolder/holderdebolder iets doen

Betekenis:
Iets oorhaastig doen

Waar kom dit vandaan?
Volgens die Nederlandse woordeboeke is holderdebolder ʼn klanknabootsing van die geluid van iets wat aangerol kom. Die -bolder hou dan verband met bulder wat “raas, dreun” beteken het. In Nederlands het bol ook die betekenis van “kop”, dit sit in Afrikaans nog in ʼn woord soos krullebol. Daar is ʼn moontlikheid dat holderstebolder dan eintlik verwant is aan halsoorkop soos in halsoorkop iets doen. Waar dié woord eintlik “nek oor die kop” beteken, sê holderstebolder soortgelyk “hol over bol”, wat in plat Afrikaans gat oor kop (slaan) geword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

humor ·

n Vraag in n Afrikaanse gr 8 vraestel: Maak n sin met die woord holderstebolder. Antwoord. Lesufi het die privaatskooltjie hoderstebolder benader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.