Uitdrukking: Husse met lang ore

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
husse met lang ore (ook: husse met skaapore)

Betekenis:
Skertsende antwoord op ‘n nuuskierige vraag; jy hoef dit nie te weet nie; dit gaan jou nie aan nie: “Oupa, wat het Oupa daar?” “Husse met lang ore, knapie.”

Waar kom dit vandaan?
Die oorsprong van dié gesegde is duister. In Nederlands is daar hussen met zinkhorens en met prikken, wat ook duidelik laat blyk dat dit ‘n onsinnige spreekwoord is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.