Uitdrukking:
Iemand kom nie die mas op nie
Betekenis:
Iemand wat onsuksesvol in sy werk of taak is
Waar kom dit vandaan?
Jong seemanne moes die skip se mas uitklim om bo in die kraaines te gaan sit. Hulle moes die weerspatroon dophou en stip op die horison bly kyk vir enigiets wat moontlik ʼn bedreiging kon wees. Seemanne wat hierdie taak nie suksesvol kon uitvoer nie, is van regte en voorregte ontneem. Vandaar die uitdrukking dat iemand nie die mas opkom nie wanneer hy onsuksesvol in sy werk is.