Uitdrukking: Iemand die loef afsteek

Uitdrukking:
Iemand die loef afsteek.

Betekenis:
Iemand voorspring/wen.

Waar kom dit vandaan?
Die loef is ‘n verkorting van Nederlands loefzijde, die windkant van die boot. Om iemand se loef af te steek, het beteken om aan sy windkant, dus bo die wind, by hom verby te seil. Op dié manier het ‘n mens die wind uit sy seile geneem en het sy boot vaart verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.