Uitdrukking: Iemand harpuis laat ruik

Argieffoto (Foto: Mcability, Pixabay)

Uitdrukking:
Iemand harpuis laat ruik

Betekenis:
Iemand oorwin

Waar kom dit vandaan?
Harpuis is klewerige gom van onder meer die denneboom wat vir vernis en lak gebruik word. In die bokskryt word harpuis aan die krytvloer gesmeer om te voorkom dat die boksers gly. As iemand dus platgeslaan word, ruik hy letterlik harpuis.   

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.