Uitdrukking: Iemand het haasvleis geëet

Foto ter illustrasie (Foto: Thanks for your Like • donations welcome/Pixabay)

Uitdrukking:
Iemand het haasvleis geëet

Betekenis:
Iemand is ʼn bangerd/lafaard

Waar kom dit vandaan?
Eintlik beteken dit dat iemand so vinnig soos ʼn haas kan hardloop as hy bang word. Dit stam uit die baie ou volksgeloof dat ʼn mens die eienskappe van ʼn dier opneem deur die vleis daarvan te eet. Achilles, byvoorbeeld, het die murg van ʼn leeu geëet. Op sommige plekke in Griekeland is ʼn duif en ʼn haan aan onderskeidelik die bruid en bruidegom voorgesit: die duif was die simbool van verliefdheid en die haan van manlikheid.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Miena ·

Kan dit dan sinoniem wees met “Die hasepad kies”? Kan MM dalk meer lig werp asb?
Dankie

Sune van Heerden ·

Dagsê Miena, dankie vir jou navraag. As iemand “die hasepad kies” beteken dit dat hulle weghardloop; terwyl “iemand eet haasvleis” beteken dat die persoon bang is. Dit is moontlik dat dit dieselfde oorsprong het, maar ons kan dit ongelukkig nie bevestig nie.
Groetnis
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.