Uitdrukking: iemand iets in die skoene skuif

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Uitdrukking:
iemand iets in die skoene skuif

Betekenis:
Iemand van iets beskuldig

Waar kom dit vandaan?
In die Middeleeue het die gildelede (vakgenote, broederskappe) dikwels van plek tot plek gereis. In ʼn sekere herberg het een van die broeders iets waardevols van die herbergier in sy sak gesteek voor sy vertrek. By die nuwe oornagplek het die herbergier kom soek na die skuldige – wat toe die item in iemand anders se skoene wegsteek sodat hy nie verdink moet word nie, en sodoende die skuld verplaas.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Samesteller: Dr. Anton Prinsloo
Uitgewer: NB Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.