Uitdrukking:
Iemand is nie hier om vlieë te vang nie
Betekenis:
Iemand is nie sonder rede hier nie
Waar kom dit vandaan?
Die oorsprong is terug te voer na die Romeinse keiser Domitianus wat in die eerste eeu na Christus regeer het. Hy het hom elke dag in ‘n kamer toegesluit asof hy gewigtige sake daar oorweeg, terwyl hy maar net gesit en vlieë vang het.