Uitdrukking: Iemand koudlei

Argieffoto (Foto: AlessandroSquassoni, Pixabay)

Uitdrukking:
Iemand koudlei.

Betekenis:
Iemand paai met ʼn redelike argument.

Waar kom dit vandaan?
Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) beteken die woord “koudlei” om ʼn dier, veral ʼn perd, heen en weer te lei om dit stadig af te koel nadat dit uitgespan is. In ʼn figuurlike sin verwys die woord daarna om iemand te bedrieg of uit te oorlê.

Die uitdrukking “iemand koudlei” beteken dus om iemand te hanteer soos ʼn warm geryde perd wat ʼn mens lei waarheen jy wil om hom te laat koud word.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.