Uitdrukking: iemand ruik na oliekolonie

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Uitdrukking:
iemand ruik na oliekolonie

Betekenis:
die persoon ruik lekker

Waar kom dit vandaan?
Deur volksetimologie ontstaan uit Frans eau de cologne wat “water van Keulen” beteken. So genoem omdat die reukwater oorspronklik slegs in Keulen (Cologne in Frans) vervaardig is.

Eau de cologne is dus ʼn soort reukwater en die eerste optekening in Afrikaans by Mansvelt (1884). Trichardt (1836 – 1838) se oude kolonie gee waarskynlik ‘n tussenstadium weer. Die woord is ook in Nederlands opgeteken as eau-de-cologne (1824).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.