Uitdrukking:
Iemand se been trek
Betekenis:
Met iemand gekskeer
Waar kom dit vandaan?
Die oorspronklik Engelse uitdrukking (pull someone’s leg) kom uit ʼn Skotse gedig oor ʼn sekere tante Meg wie se been deur die dominee getrek is. Ongelukkig hang die tante aan die galg en die kerkman wil kyk of sy nog leef deur te reageer as hy so voor op die wa is.
Dié oorsprong is wankelrig, aangesien die uitdrukking uit 1888 dateer: teen daardie tyd het die tegnologiese ontwikkeling van die galg so ʼn handeling onnodig gemaak.