Uitdrukking: Iemand se kompas staan stil

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Uitdrukking:
Iemand se kompas staan stil

Betekenis:
Iemand weet nie wat om te doen nie, is heeltemal verbouereerd of skoon van stryk

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die skeepvaart: as die kompas stilstaan kan nie gesien word in watter koers die skip vaar nie en dit verwar die skipper.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom en HAT

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.