Uitdrukking: iemand se ore brand

Argieffoto (Foto: Olya Adamovic/Pixabay)

Uitdrukking:
iemand se ore brand

Betekenis:
daar word van iemand gepraat

Waar kom dit vandaan?
Volgens kenmerkend bevooroordeelde oorlewering was dit gunstige kommentaar as jou regteroor gebrand het, en ongunstig as dit die linkeroor was.

Hierdie geloof word reeds deur Plinius die Ouere in die eerste eeu n.C. gesteun.

Sommiges meen dat as jy jou tong by terwyl jou linkeroor brand, die kwaadspreker dit ook sal moet doen en sodoende sal moet stilbly. In teenstelling met die Romeine was daar ʼn volksgeloof in Duitsland dat die linkeroor se brand beteken dat jy geprys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.