Uitdrukking: In iemand se slaai krap

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die herkoms van hierdie idoom is dalk nie vir kinders se oë bedoel nie.

Uitdrukking:
In iemand se slaai krap

Betekenis:
Iemand benadeel (in liefdesake)

Waar kom dit vandaan?
Dié spreekwoord is miskien nie so onskuldig as wat dit lyk nie. Daar word gewoonlik aanvaar dat dit histories net mans is wat in mekaar se slaai krap.

Die slaai as sinoniem vir meisie, nooi is ook interessant. In ‘n ou Nederlandse bron kom voor: Wou hij zich nou nog vermaken met het oppeuzelen van een zóó blond slaatje (een meisje).

Die gebruik van ‘n woord wat ‘n lekkerny beskryf om na die vrou en haar geslagsdeel te verwys, is so oud soos die berge. Bekend is koek, tert, middeldeurtert en ander. Ook in Engels het ons byvoorbeeld cherry, tart. Die werkwoord krap voltooi die kru prentjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.