Uitdrukking:
Iemand timmer nie hoog nie
Betekenis:
Iemand het nie baie verstand nie
Waar kom dit vandaan?
Timmer verwys hier na die bou van byvoorbeeld ‘n huis; iemand dus wat eerder onderlangs by die fondamente werk en nie slim genoeg geag word om bo te timmer waar die gebou se dak, gewel, torings en so meer gesien word nie.