Uitdrukking:
iemand van puntjie na paaltjie stuur
Betekenis:
Iemand doelloos rond en bont stuur (Engels: send someone from pillar to post)
Waar kom dit vandaan?
Moontlik kom hierdie uitdrukking uit die sogenaamde manège, die plek waar perde opgelei word. Die perd draf in ʼn sirkel om die middelpunt langs pale wat in ʼn kring om die ryperk geplant is. Dié aktiwiteit is doelloos in die sin dat die perd nêrens heen gaan nie.