Uitdrukking: Iemand voëlvry verklaar

Argieffoto (Wikimedia Commons)

Argieffoto (Wikimedia Commons)

Uitdrukking:
Iemand voëlvry verklaar

Betekenis:
Bepaal dat enigeen die persoon ongestraf mag doodmaak. Iemand is voëlvry as hy deur almal vervolg kan word en nie meer deur die wet beskerm word nie. ‘n Gewoontemisdadiger, verraaier.

Waar kom dit vandaan?
Om voëlvry verklaar te word, het enersyds beteken dat iemand vry was om jou soos ‘n voël te skiet; andersyds, as jy klaar geskiet was, moes jou lyk op die veld gelos word en nie begrawe word nie. Dit het die voëls van die hemel vry gelaat om op jou te kom aas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.