Uitdrukking:
iets holrug ry
Betekenis:
Deur gedurige herhaling iets kleurloos/kragteloos maak
Waar kom dit vandaan?
ʼn Verwysing na ʼn ryperd waarmee oor baie jare baie dikwels gery is sodat sy rug dan hol sou wees.
holrug woorde
Betekenis: Niksseggende/retoriese woorde
Daardie ou storie het jy nou al holrug gery.
Betekenis: Jy het dit tot vervelens toe vertel.