Uitdrukking: Iets met vers en kapittel bewys

Argieffoto. (Foto: Tumisu/Pixabay)

Uitdrukking:
Iets met vers en kapittel bewys

Betekenis:
Iets noukeurig bewys

Waar kom dit vandaan?
Kapittel se Latynse voorouer capitulum het oorspronklik “titel van ʼn hoofstuk beteken”. Om iets met vers en kapittel te bewys, beteken dus dat ʼn mens die hoofstuk en die plek in die hoofstuk kan aanhaal om jou betoog te staaf.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VaalDonkie ·

Ek het hierdie uitdrukking in graad 11 geleer, maar niemand het die moeite gedoen om die etomologie aan ons te verduidelik nie. Jy moet mos net die goed soos ‘n papegaai herhaal vir ‘n ou puntjie in die eksamen.

ONTPS ·

Ek het nog nooit dié uitdrukking gehoor nie altyd lekker om iets nuuts te leer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.