Uitdrukking: Iets pas in iemand se kraam

Argieffoto (Foto: LoboStudioHamburg, Pixabay)

Uitdrukking:
Iets pas in iemand se kraam

Betekenis:
Iets is presies wat iemand wil hê

Waar kom dit vandaan?
Die kraam het die betekenis van “stalletjie waar iets verkoop word”, byvoorbeeld by ʼn kermis. Die iets wat die persoon wil hê, vind hy dus geskik om te verkoop.

Vergelyk ook:
Uitdrukking: Dis in iemand se kraal
Betekenis: Dis wat iemand verlang

 

Bron: Uit Anton F. Prinsloo se boek, Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Uitgewer: Pharos
Prys: R500-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JSO ·

Dit pas so reg in my KRAAL. Dit pas so reg in my KRAAM. Wie is reg? Nog nooit ooit van “pas in my KRAAM” gehoor nie en kon dit ook nie op enige idiomelys opspoor nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê JSO

Die spreekwoord “Dis in iemand se kraal” beteken “Dis wat iemand verlang”.
Die bogenoemde spreekwoord “dit pas in iemand se kraam” en die herkoms daarvan is opgeneem in Anton F Prinsloo se bekende boek, “Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom”.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.