Uitdrukking: Iets soos ʼn kleinood bewaar

Argieffoto (Foto: Taniadimas/Pixabay)

Uitdrukking:
Iets soos ʼn kleinood bewaar.

Betekenis:
Om iets baie goed en veilig te bewaar, dit te waardeer en op te pas.

Waar kom dit vandaan?
“Kleinood” het sy wortels in ʼn antieke Germaanse woord wat in die vroeë Middeleeue as clenodium verlatyns is. Die meervoud clenodia is in Nederlands opgeteken as kleinodië.

Hierdie woord verwys geensins na ʼn “klein noodjie” nie. Die agtervoegsel “-ood” kom van ou Duits wat na ʼn besitting verwys. In vroeëre betekenisse is “klein” gedefinieer as iets wat rein, sierlik of mooi is. “Kleinood” dui dus op ʼn fisiese kosbare voorwerp of iets abstrak wat van groot waarde vir iemand is.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Spreekwoorde en ander segswyses en Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.