Uitdrukking: iets vaar goed/sleg

Argieffoto (Foto: YesManProductions, Pixabay)

Uitdrukking:
iets vaar goed/sleg

Betekenis:
Dit gaan goed/sleg met iets

Waar kom dit vandaan?
Hierdie vaar het nie met skeepsvaart te make nie, maar het die oudste betekenis van “gaan”. Dit steek ook nog in hemelvaart (“hemel toe gaan”), bedevaart, kruisvaarder, voortvarend.
“Hoe vaar dit?” is ook sinoniem met “hoe gaan dit?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.