Uitdrukking:
Iets voetstoots verkoop
Betekenis:
Iets sonder waarborg verkoop
Waar kom dit vandaan?
‘n Eg Nederlandse verhaal skuil hier. By die mark het al die boere bymekaar gekom om hulle produkte van die hand te sit, hetsy vir geld, hetsy vir ruilartikels. As ‘n bees of koei die voorwerp van onderhandeling was, en die koper en verkoper klaar oor die prys gekibbel het, het die verkoper die dier van agter af met die voet ‘n stootjie gegee in die rigting van die koper. Dit het die transaksie beklink – en die koper kon nie daarna kom kla dat die dier gebreke het nie. Die voetstootjie het die uitdrukking met voetstoots tot gevolg gehad.
Ek koop 6 maande terug vir my sisters kind a klein motertjie Die skelm moter handelaar skryf op die faktuur{ sold as Skrap } toe ek vra hoekom se hy want voetstoots kan ek hom nog steeds aanspreeklik hou vir voute en hom kleineise hof toe neem . En toe wag ek nog 2 maande vir die natis dokumente Ek het geweet die karetjie het omtrent R7500 se aandag nogdig en was bereid om dit net so te neem