Uitdrukking: In Abraham se skoot wees

Argieffoto (Foto: Ben White/Unsplash)

Uitdrukking:
In Abraham se skoot wees

Betekenis:
Gelukkig wees

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die Bybel: Lukas 16, die gelykenis van die ryk man en Lasarus. Die uitdrukking stam uit ʼn gewoonte van die Oosterse volke om vir maaltye op rusbanke te lê met die kop van een teen die bors (in die Bybel ‘boesem’ genoem) van ʼn ander. Dit word ook beskryf as ‘in die skoot’ van die ander lê. Aangesien Abraham die hooggeëerde stamvader was wat na sy dood in die Paradys was, word die plek aan die hemelse tafel langs hom as die grootste eer en die hoogste genot van die hiernamaals gereken.

Bronne: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.