Uitdrukking: In die sewende hemel wees
Betekenis: Baie gelukkig wees
Be in one’s seventh heaven. GELUKKIG.
Islam, in die Koran, aanvaar die bestaan van die sewe hemele van die uitspansel wat in heerlikheid wissel van die sewende hemel, waar die Allerhoogste bly, tot die eerste hemel, die aardse paradys. Volgens ’n ander bron het die Jode ook sewe hemele erken.
Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom van Dr. Anton Prinsloo.
Uitgewer: Pharos
Dit kom uit die boek van Henog wat so 100VC verskyn het. Dit word volledig daar beskryf wat die sewe vlakke is. Die koran het dit daaruit gekry. Die eerste hemel is waar die engele is wat die sterre se paaie bepaal, die tweede hemel is waar die gevalle engele aangehou word, die derde hemel is die paradys, die vierde hemel is die bAan van die son en ons planete, die vyfdehemel is waar Satan aangehou word, die sesde hemel is waar die aartsengele hulle bevind soos Gabriël, en dan die sewende hemel waar die Vader se troon is saam met almal wat reeds verlos is.