Uitdrukking: In jou noppies wees

fabric-1280136_1920Uitdrukking:
In jou noppies wees/In jou knoppies wees

Betekenis:
Baie gelukkig en tevrede wees

Waar kom dit vandaan?
In jou noppies wees is ʼn wisselvorm van in jou knoppies wees. Eintlik beteken dit dat jy letterlik in jou klere is waar knoppies of noppies of pluisies op sit. Jy is dus geklee in mooi klere – jy het letterlik ʼn feesgewaad aan. In Nederlands beteken die woord nop ‘n pluis op wolstof, en veral dan op nuwe klere, en die toepassing is dus dat ‘n mens in nuwe klere gelukkig behoort te voel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hannah ·

Lieweland…. baie dankie! Nie in ‘n 100 jaar sou ek by hierdie een uitgekom het nie! Nou so jammer ek het nie my boek SPREEKWOORDEN VERKLAARD hier om te kyk nie! :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.