Uitdrukking:
In Lotusland wees.
Betekenis:
Luilekker leef.
Waar kom dit vandaan?
Volgends die Griekse geskiedskrywer Homeros het die mense van Lotus-land van die lotusboom geëet. Dit het veroorsaak dat hulle hulle vriende en huise vergeet het en geen begeerte gehad het om uit die land pad te gee nie, maar net so luilekker wou voortbestaan.