Uitdrukking: In ‘n gekkeparadys leef

Uitdrukking:
In ‘n gekkeparadys leef

Betekenis:
In ‘n staat van denkbeeldige geluk leef.

Waar kom dit vandaan:
Volgens ‘n ou oorlewering het die Katolieke van die middeleeue hulle besig gehou met die probleem van die siele van geestelike versteurdes wat nie vir hul dade verantwoordelik gehou kon word nie. Daar is besluit dat hulle nie in die vaevuur kan beland nie, maar ook nie vir die hemel geskik was nie. Daar is toe voorsiening gemaak vir ‘n spesiale plek van geluk vir dié siele na die dood – ‘n gekkeparadys in die letterlike sin van die woord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.