Uitdrukking: In ʼn lastige parket

Argieffoto

Uitdrukking:
In ʼn lastige parket.

Betekenis:
In groot moeilikheid.

Waar kom dit vandaan?
Parket is ʼn argaïese woord wat van Middelnederlands afkomstig is en dit verwys onder meer na ʼn afgeslote ruimte, veral in ʼn hofsaal waar regters en advokate gewoonlik sit.

In die konteks van die uitdrukking “in ʼn lastige parket wees” dra dit ʼn figuurlike betekenis wat op ʼn ongunstige situasie met min uitkomkans dui.

Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Spreekwoorde en ander segswyses, Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.