Uitdrukking: Jou boeglam skrik

Argieffoto (Foto: Benjamin Sz-J./Pixabay)

Uitdrukking:
Jou boeglam skrik

Betekenis:
Geweldig groot skrik

Waar kom dit vandaan?
“Boeg” kom uit Nederlands (eintlik al Middelnederlands) wat ‘voorskenkel van ʼn dier’ beteken. In Afrikaans verwys dit na die voorste, geboë deel van ʼn skip, bors en skouers van ’n perd of enigeen van die twee knoppe by die skouerblad van ʼn perd, hond, ensovoorts.

Die woord “boeglam” het volgens die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) drie betekenisse:
1 Lam in die boeë
2 Baie uitgeput, doodmoeg, gedaan
3 Lam of bewegingloos van skrik.

Betekenis 1 uit Nederlands beteken “lam in die boeë as gevolg van verrekking of rumatiek”. Betekenis 2 en 3 het in Afrikaans self ontwikkel en die eerste optekening van betekenis 2 in Afrikaans by Changuion (1844), Pannevis (1880), Mansvelt (1884) en Kern (1890).

As ʼn mens dus jou boeg lam skrik, is dit soos ʼn perd wat te ver gehardloop het en in die boeë moeg geword het.

Bron: HAT en EWA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.