Uitdrukking:
Jou kop op ‘n blok sit
Betekenis:
Absoluut oortuig wees van iets
Waar kom dit vandaan?
‘n Verwysing na die manier van teregstelling waarby die veroordeelde met sy kop op ‘n blok gaan kniel en dit dan met ‘n swaard of byl afgekap word. Die uitdrukking wil dus sê: “As dit nie so is nie, kan julle my kop afkap”.