Betekenis:
Jou doel in die lewe vind.
Waar kom dit vandaan?
Die woord niche het eintlik in die 19de eeu algemeen in gebruik gekom as deel van ‘n uitdrukking ‘a niche in the temple of fame’. Dié sogenaamde tempel was die Panthéon in Parys, Frankryk. Dit is van 1754-1780 gebou en is in 1790 ingerig as die finale rusplek van die stoflike oorskot van nasionale helde van Frankryk (en heel eerste dié van die Franse Rewolusie van 1789-1793). Die niche was ‘n nis waarin kenmerkend ‘n borsbeeldjie van ‘n beroemde persoon geplaas is.