Uitdrukking: Jou peetjie af wag

huiswerk-frustrasie-leer-skootrekenaar

Argieffoto (Foto: JéShoots/Pixabay)

Uitdrukking:
Jou peetjie af wag.

Betekenis:
Baie lank wag.

Waar kom dit vandaan?
“Peetjie” is die argaïese woord vir ʼn oorgrootouer – volgens Spreekwoorde en ander segswyses ʼn oorgrootvader en -moeder.

In hierdie konteks, en in ander uitdrukkings waar peetjie voorkom, word “moeder” tot “moer” vervorm, ʼn meer informele en plat vorm. Dit is in hierdie gevalle soortgelyk aan “jou moer af wag” (plat).

Die gebruik van “peetjie” in plaas van skerp of aanstootlike woorde het sy oorsprong in 1884. Spreekwoorde en ander segswyses skryf: “Mansvelt skryf reeds in 1884 dat peetji (sic) gebruik word in die plek van ʼn skelwoord (wat hy in vroomheid met ʼn strepie as weglatingsteken aandui): ‘Ga na jou – (of peetji)’.”

Bron: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.