Uitdrukking: Jou skapies op die droë hê

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Uitdrukking:
Jou skapies op die droë hê

Betekenis:
Taamlik welgesteld wees

Waar kom dit vandaan?
In Nederland tydens vloede moes skape (en beeste) na hoër grond geneem word om hulle te beveilig; wie dit gedoen het, was verseker van ʼn goeie toekoms in die boerdery. Op die droë hê het ook in sekere dele beteken “in die huis, in die stal”, dus veilig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.