Uitdrukking: Jou skepe agter jou verbrand

Uitdrukking:
Jou skepe agter jou verbrand

Betekenis:
‘n Onherroeplike stap doen.

Waar kom dit vandaan?
Met die optrede vernietig jy enige moontlikheid om uit die situasie weg te vaar. In die geskiedenis word die verbranding van skepe waarmee veroweraars geland het, dikwels vermeld. So byvoorbeeld het die vroue van die vlugtelinge van Troje die skepe verbrand toe mans op Sicilië geland het. Dit geld ook die landing van Willem en Normandië in 1066 en die Spanjaarde Ferdinand Cortez in Meksiko in 1516. Hiermee het die veroweraars te kenne gegee dat hulle nooit sal omdraai nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.