Uitdrukking: Jou sout verdien

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Uitdrukking:
Jou sout verdien; jou sout werd wees

Betekenis:
Iets nuttigs verrig; waarde vir geld gee

Waar kom dit vandaan?
Voor die ontwikkeling van geldstelsels is sout op plekke gebruik om mense te betaal, byvoorbeeld die werkers en soldate van ou Rome. Sout in Rome was skaars en dus baie duur. (Italië het geen natuurlike soutbronne nie, en selfs vandag nog moet ʼn mens ʼn lisensie hê as jy daar sout wil koop en verkoop.) Die woord salaris kom direk van die Latyns salarium, die soldaar se soutgeld. As iemand dus nie sy sout werd is nie, beteken dit dat hy nie sy salaris werd is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.